Loading...

Avison Organiese Kunsmis

Avison vervaardig en verskaf organiese en semi-organiese kunsmis aan die landboumark in Suidelike-Afrika. Vanuit die fabriek in Vereeniging, Gauteng, bedien Avison kliënte regoor Suid-Afrika en die res van Afrika. ‘n Toegewyde span staan gereed om grondontleding te doen om vas te stel wat die boer se unieke behoeftes is. Of die kliënt nou organies of half-organies verkies, Avison het die korrekte kombinasie grondnutriënte om optimale groei, en dus ‘n wen-oes, te verseker!

As deel van die VS Agri-groep maatskappye, is Avison toegewy tot die beskerming van die integriteit en volhoubaarheid van die landbou in Suidelike Afrika, deur getrou die belofte van kwaliteit produkte en uitstaande diens aan elke boerdery, na te kom. 

Met ‘n passie vir die landbou en jare se kennis en ervaring, wil Avison ‘n betroubare deel van elke boer se onderneming uitmaak en die welvarendheid van elke boerdery waarmee hulle pad mag kruis, verbeter.